Sefánja 3:14-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!

15. Die Here het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die Here is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.

16. In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie!

17. Die Here jou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.

18. Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.

Sefánja 3