7. Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, ’n moeder in Israel, opgestaan het.
8. Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertigduisend in Israel?
9. My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk — prys die Here!
10. Julle wat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die paaie, dink na!
11. Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die Here, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die Here afgetrek na die poorte toe.
12. Word wakker, word wakker, Debóra! Word wakker, word wakker, hef ’n lied aan! Staan op, Barak! en voer jou gevangenes weg, seun van Abinóam!
13. Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het die Here vir my afgetrek onder die helde.
14. Uit Efraim, die wat hulle wortel in Ámalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af, en uit Sébulon die wat met die werwerstaf uittrek;
15. en vorste in Íssaskar met Debóra saam; en Íssaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
16. Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
17. Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.
18. Sébulon is ’n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes.
19. Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Táänag, by die waters van Megíddo — geen stuk silwer het hulle geneem nie.
20. Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg;