Rigters 4:2-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Daarom het die Here hulle verkoop in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was Sísera, ’n inwoner van Haróset van die heidene.

3. En die kinders van Israel het die Here aangeroep; want hy het negehonderd ysterwaens gehad en die kinders van Israel twintig jaar lank swaar verdruk.

4. En Debóra, ’n profetes, die vrou van Láppidot, het in dié tyd Israel gerig;

Rigters 4