Psalms 97:5-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die Here, voor die aangesig van die Here van die hele aarde.

6. Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid.

7. Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer.

8. Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o Here!

9. Want U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.

Psalms 97