Psalms 68:34-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ’n magtige stem.

35. Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.

36. Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel — Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!

Psalms 68