Psalms 68:32-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.

33. o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.

34. Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ’n magtige stem.

35. Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.

36. Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel — Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!

Psalms 68