1. ’n PSALM van Dawid; ’n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.
2. Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
3. Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;
4. want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.
5. My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
6. Daarom sal elke vrome U aanbid in ’n tyd as U te vinde is; ja, by ’n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.
7. U is ’n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.
8. Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.