Prediker 8:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WIE is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van ’n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander.

2. Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by God.

3. Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met ’n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy.

4. Want die woord van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u?

Prediker 8