Prediker 7:12-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Want wysheid is ’n beskutting, geld is ’n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.

13. Aanskou die werk van God, want wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het?

14. Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens ná sy dood niks meer sal ontdek nie.

15. Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is ’n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is ’n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.

Prediker 7