1. IN dié dae toe daar ’n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê:
2. Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie.
3. En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.
4. En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal ’n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?
5. Toe vra Hy hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle sê: Sewe.