Markus 13:35-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;

36. dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.

37. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!

Markus 13