11. Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.
12. En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ’n môre- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.
13. Maar wanneer jy ’n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
14. en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.