23. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
24. Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.
25. En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.
26. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
27. En terwyl Hy dit spreek, het ’n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.
28. En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.