1. EN toe Hy op ’n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.
2. En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
3. gee ons elke dag ons daaglikse brood;
4. en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
5. EN Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ’n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,