10. Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar aan die brand gesteek soos die Here Moses beveel het.
11. En die vleis en die vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.
12. Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi.
13. Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het dit aan die brand gesteek op die altaar.
14. En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.