20. Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die Here toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
21. En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ’n mens of aan ’n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die Here toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
22. VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
23. Spreek met die kinders van Israel en sê: Géén vet van ’n bees of skaap of bok mag julle eet nie.
24. Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.