22. En as hy aan die Here ’n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,
23. moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as ’n heilige gawe aan die Here.
24. In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.
25. En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.
26. Maar die eersgeborene van ’n dier wat as eersgeborene aan die Here behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ’n bees is of ’n stuk kleinvee — dit behoort aan die Here.