Levítikus 21:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.

5. Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.

6. Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die Here, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.

7. Hulle mag geen vrou neem wat ’n hoer of ’n onteerde is nie; en ’n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.

8. Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die Here wat julle heilig.

9. En as die dogter van ’n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.

Levítikus 21