Levítikus 15:15-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die Here.

16. En as daar van ’n man ’n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

17. Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.

18. En wat die vrou aangaan met wie ’n man vleeslike gemeenskap het — altwee moet ’n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.

19. En as ’n vrou ’n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.

20. En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.

21. En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

22. En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

23. en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

24. En as ’n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.

25. En as ’n vrou lank ’n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.

Levítikus 15