Levítikus 15:1-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die Here met Moses en Aäron gespreek en gesê:

2. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As enige man ’n vloeiing uit sy vlees het, dan is dié vog onrein.

3. En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog — dit is ’n onreinheid in hom.

4. Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waar hy op sit, sal onrein wees.

5. En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

6. en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

7. en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

8. En as hy wat die vloeiing het, op ’n reine spuug, moet dié een sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

9. En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.

10. En elkeen wat aan iets raak wat onder hóm is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

11. En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

12. Ook die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.

13. En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.

14. En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die Here kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;

15. en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die Here.

Levítikus 15