33. En elke erdevoorwerp waar een van hulle in val — alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek;
34. enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so ’n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.
35. En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; ’n bakoond of ’n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.
36. Maar ’n fontein of put, ’n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
37. En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word — dit sal rein wees.
38. Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.