Levítikus 11:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die Here het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:

2. Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.

3. Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou — dit mag julle eet.

4. Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;

5. en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;

6. en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;

7. ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie — onrein is hy vir julle.

8. Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie — onrein is hulle vir julle.

9. Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere — dit mag julle eet.

Levítikus 11