1. EN die Here het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:
2. Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.
3. Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou — dit mag julle eet.
4. Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
5. en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
6. en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
7. ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie — onrein is hy vir julle.