Klaagliedere 3:54-58 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

54. Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my!

55. Kof. Ek roep u Naam aan, Here, uit die onderste kuil.

56. U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie.

57. U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie!

58. Resj. U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe.

Klaagliedere 3