40. Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die Here bekeer;
41. laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:
42. Óns het oortree en ons was wederstrewig — Ú het nie vergewe nie.
43. Samek. U het U in toorn gehul en ons agtervolg, U het gedood sonder verskoning.
44. U het Uself in ’n wolk gehul, sodat daar geen gebed kon deurdring nie;
45. U het ons ’n uitvaagsel en ’n wegwerpsel onder die volke gemaak.
46. Pe. Al ons vyande het hulle mond teen ons oopgerek;
47. skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.
48. My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die dogter van my volk.
49. Ajin. My oog vloei rusteloos weg sonder ophou,
50. totdat die Here uit die hemel neersien en aanskou.
51. My oog gee my pyn oor al die dogters van my stad.