Josua 14:5-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Soos die Here Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen en die land verdeel.

6. Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, het vir hom gesê: U weet die woord wat die Here met Moses, die man van God in Kades-Barnéa gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.

7. Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van die Here, my uitgestuur het van Kades-Barnéa af om die land te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was;

8. maar my broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat versmelt, terwyl ek volgehou het om die Here my God te volg.

9. En dié dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as ’n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die Here my God te volg.

10. En nou, kyk, die Here het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf-en-veertig jaar sedert die Here hierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandag vyf-en-tagtig jaar oud;

11. ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan.

Josua 14