Johannes 13:35-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

36. Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy My volg.

37. Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.

38. Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.

Johannes 13