11. die dag as jy plant, laat jy dit groei, en in die môre laat jy jou saad uitspruit; maar dit sal wees ’n hoop geoeste graan op die dag van krankheid en ongeneeslike smart.
12. WEE die gebruis van baie volke — soos die gebruis van die see, so bruis hulle! En die gedruis van nasies — soos die gedruis van geweldige waters, so maak hulle gedruis!
13. Nasies maak gedruis soos die gedruis van baie waters; maar Hy dreig hulle, en hulle vlug ver weg en word gejaag soos kaf van die berge voor die wind en soos strooi voor die stormwind.
14. In die aand — daar is verskrikking! Voordat dit môre word, is hulle nie meer nie. Dit is die deel van hulle wat ons plunder, en die lot van hulle wat ons beroof.