Jesaja 17:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. GODSPRAAK oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal ’n vervalle puinhoop word.

2. Die stede Ároër sal verlate wees; vir die troppe vee sal hulle wees wat daar sal lê sonder dat iemand hulle skrikmaak.

3. En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek die Here van die leërskare.

Jesaja 17