Jesaja 1:24-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Daarom spreek die Here Here van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!

25. En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.

26. En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy ’n stad van geregtigheid, ’n getroue vesting genoem word.

27. Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.

28. Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam; en die wat die Here verlaat, sal omkom.

Jesaja 1