Jeremia 48:46-47 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

46. Wee jou, Moab! Die volk van Kamos is verlore; want jou seuns is weggeneem as gevangenes en jou dogters in gevangenskap.

47. Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Moab verander, spreek die Here. Tot sover die oordeel van Moab.

Jeremia 48