40. Want so sê die Here: Kyk, hy sal vlieg soos ’n arend en sal sy vleuels oor Moab uitsprei.
41. Die stede is ingeneem, en die bergvestings is verower; en die hart van die helde van Moab sal in dié dag wees soos die hart van ’n vrou wat in nood is.
42. En Moab sal verdelg word, dat hy geen volk meer is nie, omdat hy hom groot gehou het teen die Here.
43. Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o inwoner van Moab, spreek die Here.
44. Hy wat vlug vir die vrees, sal val in die kuil; en hy wat uit die kuil klim, sal gevang word in die net; want Ek sal oor hom, oor Moab, bring die jaar van hulle besoeking, spreek die Here.