Jeremia 46:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woord van die Here wat aangaande die volke tot die profeet Jeremia gekom het.

2. Oor Egipte. Oor die leër van Farao Nego, die koning van Egipte, wat by die Eufraatrivier by Kárkemis was, wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda —

3. Hou die klein en die groot skild klaar, en kom aan na die geveg!

4. Span die perde in, en klim op, o ruiters! En staan reg, met die helms op; maak blink die spiese, trek die pantsers aan.

5. Waarom sien ek — hulle is verslae, hulle wyk agteruit? Ja, hulle helde is verslaan en vlug al verder sonder om om te draai. Daar is skrik rondom, spreek die Here.

Jeremia 46