Jeremia 26:5-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle stuur, vroeg én laat, sonder dat julle geluister het,

6. dan sal Ek hierdie huis maak soos Silo, en hierdie stad sal Ek maak ’n vervloeking vir al die nasies van die aarde.

7. En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde hoor spreek in die huis van die Here.

8. En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die Here beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!

Jeremia 26