4. Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
5. So spreek die Here, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs weggestuur het;
6. en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.
7. En Ek sal hulle ’n hart gee om My te ken, dat Ek die Here is; en hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.
8. En soos die slegte vye wat te sleg is om te eet — waarlik, so sê die Here — só sal Ek Sedekía, die koning van Juda, maak en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorgebly het en die wat in Egipteland woon;
9. en Ek sal hulle ’n skrikbeeld maak, ’n onheil vir al die koninkryke van die aarde, ’n smaad en ’n spreekwoord, ’n spot en ’n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle verdrywe;
10. en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongersnood en die pes, totdat hulle omgekom het uit die land wat Ek aan hulle en hul vaders gegee het.