4. Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls; omdat hulle sê: Hy sal ons einde nie sien nie!
5. As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? En in ’n land van vrede voel jy jou veilig: hoe sal jy dan maak in die pronkbosse van die Jordaan?
6. Want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het troueloos teen jou gehandel; ook hulle roep jou hardop agterna. Glo hulle nie as hulle vriendelik met jou spreek nie.
7. EK het my huis verlaat, Ek het my erfenis verwerp, Ek het die beminde van my siel in die hand van haar vyande gegee.
8. My erfenis het vir My geword soos ’n leeu in die bos; dit het sy stem teen My verhef; daarom het Ek dit gehaat.
9. Is my erfenis dan vir My ’n bont roofvoël? Is daar roofvoëls rondom teen hom? Kom, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, laat hulle kom om te eet.
10. Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land ’n woeste wildernis gemaak,
11. hulle het dit ’n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte neem nie.
12. Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die Here verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.
13. Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die Here.
14. So sê die Here: Aangaande al my goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het — kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk.