Hoséa 10:5-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Oor die kalf van Bet-Awen sal die inwoners van Samaría besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is.

6. Hy sal ook self na Assur weggevoer word as ’n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.

7. Samaría word vernietig, sy koning is soos ’n spaander op die water.

Hoséa 10