1. BROEDERS en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!
2. En toe hulle hoor dat hy hulle in die Hebreeuse taal toespreek, was hulle nog stiller. En hy sê:
3. Ek is ’n Jood, gebore in Tarsus in Cilícië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamáliël, streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, ’n yweraar vir God soos julle almal vandag is.
4. Hierdie Weg het ek vervolg tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,
5. soos ook die hoëpriester en die hele raad van ouderlinge my getuies is. Van hulle het ek ook briewe ontvang en na die broeders in Damaskus gegaan om ook die wat daar was, geboeid na Jerusalem te bring, sodat hulle gestraf kon word.
6. Maar terwyl ek op reis was en naby Damaskus kom, het daar op die middag skielik ’n groot lig uit die hemel my omstraal,
7. en ek het op die grond geval en ’n stem vir my hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
8. En ek het geantwoord: Wie is U, Here? En Hy het vir my gesê: Ek is Jesus, die Nasaréner, wat jy vervolg.
9. En die wat saam met my was, het wel die lig gesien en bang geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het, nie gehoor nie.
10. En ek het gesê: Wat moet ek doen, Here? En die Here het vir my gesê: Staan op en gaan na Damaskus, en daar sal jou vertel word alles wat aan jou opgedra is om te doen.
11. Toe ek dan weens die glans van daardie lig nie kon sien nie, is ek deur my metgeselle by die hand gelei en het in Damaskus gekom.
12. En ’n sekere Ananías, ’n vroom man volgens die wet, wat ’n goeie naam gehad het by al die Jode wat daar woon,