Handelinge 2:37-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

37. TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?

38. En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

39. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.

40. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.

41. Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring.

42. En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.

43. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.

Handelinge 2