46. Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie — kyk, ons wend ons tot die heidene.
47. Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U ’n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.
48. En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.
49. En die woord van die Here is deur die hele land verbrei.