Génesis 31:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s’n was; en uit wat ons vader s’n was, het hy al hierdie rykdom verwerf.

2. Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie.

3. En die Here het aan Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees.

4. Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea veld toe roep na sy kleinvee

5. en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my.

6. En julle weet self dat ek met al my krag julle vader gedien het;

7. maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tien maal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie.

8. As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes.

9. So het God dan die vee van julle vader weggeneem en aan my gegee.

10. Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in ’n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was.

11. En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!

Génesis 31