4. En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.
5. En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die Here oordeel tussen my en jou.
6. En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand — doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.
7. En die Engel van die Here het haar by ’n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,