8. So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
9. Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.
10. DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpágsad geword, twee jaar ná die vloed.
11. En Sem het ná die geboorte van Arpágsad nog vyfhonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
12. Toe Arpágsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.
13. En Arpágsad het ná die geboorte van Selag nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
14. Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.
15. En Selag het ná die geboorte van Heber nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
16. Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.
17. En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
18. Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.
19. En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
20. Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.
21. En Rehu het ná die geboorte van Serug nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
22. Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.
23. En Serug het ná die geboorte van Nahor tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
24. Toe Nahor negen-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.
25. En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
26. Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.