9. Hy was ’n geweldige jagter voor die aangesig van die Here. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ’n geweldige jagter voor die aangesig van die Here.
10. En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.
11. Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag
12. en Resen, tussen Ninevé en Kalag — dit is die groot stad.
13. En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete
14. en die Patrusiete en Kasluhiete — waaruit die Filistyne voortgekom het — en Kaftoriete.
15. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het
16. en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete
17. en die Hewiete en Arkiete en Siniete
18. en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei.
19. En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa.
20. Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.
21. En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.