14. en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan.
15. Toe Moses die berg opklim, het ’n wolk die berg oordek.
16. En die heerlikheid van die Here het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk.
17. En die verskyning van die Here se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ’n verterende vuur op die top van die berg.
18. En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.