Exodus 24:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAARNA het Hy vir Moses gesê: Klim na die Here toe op, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.

2. En laat Moses alleen nader kom na die Here toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.

3. Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die Here en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die Here gespreek het, sal ons doen.

4. En Moses het al die woorde van die Here opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ’n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.

Exodus 24