Exodus 22:3-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. as die son oor hom opgegaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word.

4. As die gesteelde goed — of dit ’n bees, ’n esel of ’n stuk kleinvee is — nog lewendig in sy besit gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee.

5. As iemand ’n stuk veld of ’n wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van ’n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.

6. As ’n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat ’n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee.

7. As iemand aan sy naaste geld of goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee.

Exodus 22