Eségiël 40:26-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. En sy trap het sewe trappies gehad, en sy voorportaal was daarvoor; en dit het palmbome gehad, een aan die een en een aan die ander kant, op sy deurposte.

27. Ook was daar ’n poort na die binneste voorhof na die suide; en hy het van poort tot poort gemeet, na die suide: honderd el.

28. Verder het hy my deur die suidpoort gebring na die binneste voorhof; en hy het die suidpoort gemeet: dit het dieselfde afmetinge gehad.

29. En sy sykamers en sy deurposte en sy voorportaal was volgens dié mate; en dit het vensters gehad, ook sy voorportaal, al rondom; die lengte was vyftig el en die breedte vyf-en-twintig el.

30. En daar was voorportale al rondom; die lengte was vyf-en-twintig el en die breedte vyf el.

31. En sy voorportaal het na die buitenste voorhof gelê; ook was daar palmbome op sy deurposte, en sy trap het agt trappies gehad.

32. Daarop het hy my na die binneste voorhof gebring, na die ooste; en hy het die poort gemeet: dit het dieselfde afmetinge gehad.

Eségiël 40