Eségiël 40:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En die plaveisel was aan die sykant van die poorte, ooreenkomstig die lengte van die poorte; dit was die onderste plaveisel.

19. Toe het hy die breedte gemeet van die voorkant van die onderste poort af tot by die buitenste voorkant van die binneste voorhof: honderd el, aan die ooste- en aan die noordekant.

20. Aangaande die poort wat na die noorde lê, by die buitenste voorhof — hy het sy lengte en sy breedte gemeet.

21. En sy sykamers was drie aan die een en drie aan die ander kant; en sy deurposte en sy voorportaal het dieselfde afmeting gehad as by die eerste poort: vyftig el sy lengte en die breedte vyf-en-twintig el.

22. En sy vensters en sy voorportaal en sy palmbome het dieselfde afmeting gehad as by die poort waarvan die voorkant na die ooste lê: en ’n mens kon daarin opklim met sewe trappe; en sy voorportaal was daarvoor.

23. En daar was ’n poort na die binneste voorhof teenoor die poort na die noorde en na die ooste; en hy het gemeet van poort tot poort: honderd el.

Eségiël 40