1. VERDER, hef jy ’n klaaglied aan oor die vorste van Israel,
2. en sê: Wat was jou moeder? ’n Leeuin: tussen die leeus het sy gelê, onder die jong leeus het sy haar kleintjies grootgemaak.
3. En sy het een van haar kleintjies opgekweek, ’n jong leeu het hy geword; en hy het geleer om prooi te verskeur, hy het mense geëet.
4. En die nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang, en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.